Author:
Mariёtta Coetsee (Republikein)
DMH se toerisme-webtuiste www.tournamibia.net het in die eerste ses maande van sy bestaan meer as 14 400 besoeke van webswerwers in meer as honderd lande gelok. Namibiese gebruikers verteenwoordig net oor ʼn derde van die totale aantal besoeke, gevolg deur Suid-Afrika, Duitsland, die Verenigde State van Amerika en die Verenigde Koninkryk. Met die vakansie in volle swang, nooi Tour Namibia alle vakansiegangers om hul Namibiese avonture met die res van die wêreld te deel deur aan die webwerf se forums en blogs en fotogalery deel te neem. Read more »