WHS wen o.16 krieketliga

in School

Windhoek Hoërskool en Windhoek Gimnasium se o.16 krieketspanne het boaan die puntelys geëindig in die afgelope seisoen se ligawedstryde vir sentrale skole. WHS was boaan die puntelys met 12 punte, gevolg deur Gimmies met 10 punte.

Die eindstryd is op Woensdag 26 Oktober by WHS se FNB-krieketveld beslis.
Gimmies het die loot gewen en besluit om te kolf. Hulle het 109 lopies vir die verlies van vyf paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken. Hul beste kolwers was Michau du Preez (39 nie uit nie van 46 balle) en Niko Davin (34 lopies van 42 balle).

WHS se Christopher Arries en Quillen Anderson het elkeen twee paaltjies gevat.

WHS het die wenlopies in die 18de boulbeurt behaal met net drie paaltjies wat in die proses verloor is. Die top kolwers vir WHS was Gerhard Erasmus (26 lopies van 27 balle) en Quillen Anderson (26 nie uit nie van 24 balle).

Stephan Calitz, SJ Loftie-Eaton en Ruben van der Berg of Gimmies het elk een paaltjie gevat.

WHS wen die eindstryd met sewe paaltjies.

click to enlarge
©