Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
WHS se skoolhoof tree af
DIE skoolhoof van Windhoek Hoërskool (WHS), mnr. Frans van Sittert, het sy aftrede aangekondig. Mnr. Van Sittert was die afgelope drie jaar by WHS betrokke.
Volgens ’n verklaring deur die skool sal mnr. Van Sittert veral vir die wyse waarop hy die skool bestuur het en sy toeganklikheid vir alle leerlinge onthou word.
“Ons respekteer sy besluit en wens hom en Louise net die beste toe met sy aftrede. Sy teenwoordigheid en ondersteuning langs die sportveld sal gemis, maar nie vergeet word nie.
“Tydens mnr. Van Sittert se tydperk as skoolhoof het WHS sekerlik van sy beste sporttydperke beleef en dit sal vir lank onthou word,” lui die verklaring.
Volgens die verklaring sal me. Vera Herle as skoolhoof waarneem totdat die nuwe skoolhoof amptelik aangestel is.
“Me. Herle is bekend as ’n uiters bekwame onderwyser en sy is ’n top bestuurslid van WHS. Sy het WHS in die verlede met welslae as waarnemende skoolhoof gelei. Sy is reeds vir 18 jaar ’n onderwyser by die skool en beklee die amp van visehoof die afgelope ses jaar.
“Me. Herle het ook gedurende 2007/8 as skoolhoof waargeneem totdat mnr. Van Sittert in 2008 aangestel is.”
- 283 reads


