Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
Voorsmakie vir vakansiefees
Op 27 Desember is daar weer groot makietie op Hentiesbaai wanneer die jaarlikse "touch rugby"-toernooi plaasvind.
Anders as vorige jare word die groot tent nie voor die De Duine Hotel opgeslaan nie, maar onder in die "gat" by die see. Van 08:00 tot middernag kan vakansiegangers daar 'n draai gaan maak.
Onder die vermaaklikheidskunstenaars vanjaar word Jakkie Louw en Pieter Naude getel. Verder word vermaak deur die dag gewaarborg.
Tydens die geleentheid gaan grootskerm televisies opgestel word, waarvan daar Nuwejaarswense vertoon kan word. Om 'n boodskap op die TV uit te saai, stuur 'n navraag e-pos na orban@iway.na.
- 481 reads


