UB40 kom glo in Februarie

in Events
Author: 
Elzeth Harmse (Republikein)

DIE internasionale reggae-groep UB40 wat vroeg vandeesmaand hul konsert wat op 11 Desember in Windhoek sou plaasvind op die nippertjie gekanselleer het, het dit tot Februarie 2011 uitgestel en groot ontsteltenis veroorsaak, maar die nuwe datums is pas bevestig.

Die groep is vir drie aande te wete 24, 25 en 26 Februarie by die Hage Geingob-stadion in Windhoek te siene en kaartjies word vanaf 16 Januarie 2011 te koop aangebied. Die konserte is ten bate van Hope Village om ’n sentrum op Rehoboth op te rig. (Besoek die webtuiste www.hopevillagenamibia. com.na vir meer inligting hieroor).

Die onverwagte uitstelling van die optrede in Desember was omdat een van die groep se lede, Norman Hassen, ernstig siek geword het en deur sy dokters verbied is om te reis. Aanhangers kan op www.hope.com na ’n video-uittreksel kyk waar UB40 volle verantwoordelikheid aanvaar vir die uitstel van hul konsert. Terselfdertyd belowe hulle om in Februarie Namibië toe te kom.

Die drie dae lange musiekfees waarna aanhangers nou kan uitsien, sluit in optredes deur UB40 (al drie aande), Penilane, Ludik, Elemotho, The Upambians, Gal Level en verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars wat ’n verrassing is. Die organiseerders van die konsert doen ’n beroep op almal wat reeds kaartjies gekoop het vir 11 Desember se optrede, om daaraan vas te klou, want dit bied gratis toegang tot al drie dae se optredes in Februarie.

click to enlarge
©