Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
Tsumeb se Compukids word staatskool
Compukids op Tsumeb is aan die staat verkoop en het deel geword van die Primêre Skool Francis Galton.
Dit is deel van die skool se voorbereidingsprogram vir toekomstige leerders van Francis Galton en heet dan ook die Pre-Primêre Skool Francis Galton. Vanjaar is sowat ‘n 100 kinders by die skool ingeskryf, wat almal aanstaande jaar na graad 1 moet gaan. Leerlinge ouer as vyf jaar en wat in die jaar ses jaar oud word, kan ingeskryf word.
Die hoof is me. Estie Voigt met Karen Nell, Vasti Burger en Rose Steenkamp wat haar help. Die personeel is almal goed opgelei en neem gereeld opvolgkursusse
.
Kinders wat so ‘n voorbereidingskool bywoon het die voordeel dat hulle op die korrekte wyse voorberei is vir hulle 12 jaar in ‘n akadmiese skool. Baie persoonlike aandag en die korrekte leerplan berei kinders by die voorskool voor.
- 451 reads


