Tjokkers vang WB-gees

in Sport
Author: 
Gerine

Windhoek Gimnasium se onder 7-rugbyspan het onlangs die primêre skole JTL Beukes en Ruimte van Rehoboth en Eros en Suiderhof van Windhoek genooi om aan ’n tjokkertoernooi deel te neem. As hoofborg het DHL gesorg dat leerlinge van Rehoboth na die hoofstad vervoer is en dat elke kind wat deelgeneem het, ’n DHL rugbybal, DHL rugsakkie, hot dog en koeldrank gekry het. PricewaterhouseCooper, dr. D.C. Jordaan en Olene Odendaal het die vermaak – ook die narre – geborg, terwyl Tiger Wheel & Tyre vir die gazebo’s, tafels, tafeldoeke en aankondigingstelsel gesorg het. Die dag is aangebied met die oog op die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat binnekort begin.

click to enlarge
©