Skud jou vere reg vir My Summer Fest

in Events
Author: 
Namlish.com

DIE My Summer Fest, Donderdagaand by die Dolphin-sportterrein op Swakopmund is die plek waar vakansiehouers moet wees.

Van Suid-Afrika se gewildse musiekgroepe en voorste groepe uit Namibië sal vanaf 16:00 op 23 Desember die kusdorpie warm sing. Die groepe wat gaan optree is Famaz Attak van Namibië en Penilane van Namibië, die internasionaal bekende Arno Carstens uit Suid-Afrika, Just Jinger ook ‘n internasionaal bekende groep uit Suid-Afrika, Prime Circle uit Suid-Afrika asook Gold Fish uit Suid-Afrika. En selfs as die verhoog leeg is, sal DJ Nige die dansboete laat jeuk.

Die organiseerders, My Events, het laat weet dat die klanktoerusting uit die boonste rakke sal wees. Massiewe luidsprekers word spesiaal vir die terrein gebring en twee reuse-skerms met nabyskote van die musiekgroepe op die verhoog sal vanaf ‘n videokamera in die dag én in die aand daarop vertoon word. En een van die gonswoorde is “intelligente beligting”. ‘n Groot beligtingstellasie sal opgerig word om toe te sien die vertoning van internasionale standaard is. Drie ton elektriese- en klankkabels sal agter die verhoog uitgerol word.

Behalwe vir ‘n wêreldklasproduksie, sal die terrein ook op internasionale standaard wees. My Events maak ‘n punt daarvan dat geen alkohol, bottels, wapens en so meer toegelaat word nie. Die terrein sal veilig wees met oorgenoeg parkering en veiligheids- en karwagte. Omdat dit ‘n gesinsgeleentheid is, sal ‘n zero-verdraagsaamheid teenoor geweld gehandhaaf word en veiligheidstandaarde sal gelykstaande wees aan die van Suid-Afrika en Europa.

Kaartjies vir die fees kos N$300 voor die tyd by die volgende plekke: leo se winkels in Maerua Mall en Wernhill en Canon Namibia. In Swakopmund en Walvisbaai kan voornemende feesgangers hulle kaartjies kry by leo-winkels, Café Rosso, Total Swakopmund en Magic World Walvisbaai. By die hekke sal kaartjies Donderdag N$380 kos. Studente moet hulle studentekaarte saambring om ‘n N$25-kroegkoepon te kry.

My Summer Fest word aangebied deur My Events in samewerking met die Swakopmund Hotel en Vermaaksentrum, Republikein, Air Namibia, Red Bull, Radiowave 96,7 FM, Coca-Cola en Kleine Keiler. ‘n Woord van dank word uitgespreek teenpoor die Swakopmund munisipaliteit vir die terrein wat beskikbaar gestel word.

Hou www.namlish.com dop vir meer nuus deur die week en ‘n fotogallery van die geleentheid sal Vrydag gelaai word.

click to enlarge
©