Penilane se vier manne rock

in Informative
Author: 
Kollig - Republikein

Die vier mans van die plaaslike rockgroep Penilane vermaak gehore môre om 20:00 tydens die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) se “Acoustic Friday” konsert. Dit word op die FNCC Terrace gehou en toegang is N$30. Penilane maak al sedert 2004 musiek, ’n styl wat hulle “progressive sweaty nuts rock” noem. Raimond Seefeldt op kitaar en agtergrondsang het homself onlangs by die trio van Roy-Lee Kitt (stem en kitaar), Anesh Morar (tromme) en Mike Ott (baskitaar) aangesluit.

Die groep se jongste album, Ripple Effect, is in Suite Studios in Dublin onder leiding van Marc Carolan, klankingenieur vir internasionale groepe soos Muse, The Cure en Snow Patrol, opgeneem. Hulle animasie-musiekvideo vir die snit “Seven Seconds” word sedert einde Desember op die DStv-kanaal MK vertoon. Penilane sê hulle musiek word beïnvloed deur Muse, Bruce Springsteen, Biffy Clyro, Radiohead, Sound Garden en Die Toten Hosen.

Die afgelope sewe jaar het hulle al die verhoog gedeel met onder andere The Parlotones, Prime Circle, Jo Day, Arno Carstens and New Porn, Van Coke Kartel, aKing, Fokofpolisiekar, The Narrow, WONDERboom, Johnny Clegg, Kurt Darren, PJ Powers, Steve Hofmeyr, Katie Quick en UB40.

Sigi Kolbe
click to enlarge
© Sigi Kolbe