Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
Patrick terug op skool na leweroorplanting
Patrick Farmer, ’n graad-10 leerling van die Hoërskool Cosmos, het op 17 Oktober verlede jaar ’n leweroorplanting by die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad ondergaan. Hy en sy ma het in April vanjaar na Namibië teruggekeer en aan die begin van hierdie termyn was hy sterk genoeg om weer te begin skoolgaan.
Omdat Patrick se liggaam sy lewer steeds liggies verwerp, moet hy ’n baie hoë dosis immuunonderdrukkers neem en dit maak hom vatbaar vir infeksies. Hy moet ook sedert die oorplanting verskeie inspuitings en ander medikasie gebruik.
Sy medisyne kos sowat N$60 000 per maand. Hy word deur die Daniela Mediese Trust ondersteun, maar enige skenkings word verwelkom. Me. Kiko Diemer kan in hierdie verband by 061 241 433 of sel. 081 147 3876 gekontak word.
|
click to enlarge
Patrick Farmer (voor middel) saam met van sy klasmaats op “Green Day”. Die direkteur van Onderwys het 1 Julie as “Green Day” verklaar en leerlinge het ’n standpunt ingeneem teen drank- en dwelmmisbruik deur groen te dra. In die middel agter is Efraim, die skool se Blue Cross verteenwoordiger wat leerlinge inlig oor drank- en dwelmmisbruik en langs hom is me. Vorster, die lewensoriënteringsonderwyseres.
©
|
- 371 reads


