Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
Namlish.com soek foto's van jou matriekafskeid!
GRAAD 12-leerlinge beplan maande aan dié groot geleentheid van hul skoolloopbaan, waar hulle die boksterte kan losmaak, die hare jel en hul blinkste klere aantrek.
Dit is matriekafskeidseisoen! Landwyd gons dit op skoolgronde oor hare, naels, rokke en natuurlik karre.
Elke denkbare poging word op daardie dag by die skool gemaak om die matriekseun en -meisie spoggerig te laat lyk. Waarom dan nie dié moeite in foto’s uitbeeld en dit met die res van land en wêreld deel nie?
Spasie in die koerant is egter beperk, maar die spasie op die internet – onbeperk.
Namlish.com bied die geleentheid vir leerlinge om met hul blinkste vere te spog. Enigiemand wat by ’n matriekafskeid ’n foto van ’n paartjie geneem het, kan die foto vir publikasie op die webwerf stuur. Gebruik die e-posadres schools@namlish.com om jou foto’s te stuur en sê vir ons van watter skool die leerders is. Selfs die name van die persone op die foto is ook welkom.
So, ma’s en pa’s, oumas en oupas en selfs kleinboet en -sus, laat die kameras klik! En hou www.namlish.com dop vir die jongste matriekafskeidfoto’s.
- 583 reads


