Meer optimisme = ‘n gesonde lewe

in Informative
Author: 
Namlish

‘n STUDIE deur die Amerikaanse Vereniging van Pediatrie het bevind dat tieners wat ‘n optimistiese uitkyk op die lewe het, gesonder is en min tekens van depressie toon.

Volgens die aanlyn pediatrie-tydskrif van die vereniging is altesame 5 634 tieners uit drie Australiese state tussen die ouderdomme van 12 en 14 jaar ondervra en evualueer oor hulle optimistiewe styl van denke, emosionele probleme, die gebruik van verbode middels en anti-sosiale gedrag.

Die navorsers het bevind dat die tieners wat die hoogste vlakke van optimisme toon, die kleinste risiko het om depressie-simptome te ontwikkel, teenoor dié wat laer vlakke van optimisme toon.

“’n Optimistiese denkrigting is beskermend teen gesondheidrisiko’s onder tieners. Die mees duidelike tekens daarvan kan ‘n mens opweeg teenoor depressie-simptome. Deur optimisme saam met ander aspekte van psigologiese- en emosionele denke te bevorder, kan dit ‘n groot invloed op die gesondheid hê.”

click to enlarge
©