Klein skool baat by groot geld

in School
Author: 
Gerine

DIE Primêre Skool Lineekela Naukushu by die Okauva nedersetting in die Ohangwenastreek het met N$140 000 gebaat by ’n geldinsamelingsgeleentheid wat onlangs by die skool gehou is.
Die grootste individuele skenker met N$100 000 was mnr. Lineekela Naukushu, na wie die skool vernoem is. Die skool huisves sowat 450 kinders en sal vanaf volgende jaar ’n gekombineerde skool wees.
Die skenkings van sakevennote, vriende en ander individue het onder meer ingesluit:
Rubens Perfect Panelbeaters (N$5 000); Swabou Life (studiemateriaal ter waarde van N$5 000); Imbondi Maria (N$5 000); Nimengombe Malakia (N$2 000); Lucky Panelbeaters (N$2 500); Shitumbuleni Tangeni (N$1 500); Tulonga Naukushu (N$1 500); John Shilemba (N$1 500); Nangy Rauna Hamukoto (drie-in-een skandeerder, kopieerder en drukker); Tate Helobeam Nakushe (N$1 500); Diinineni Kafita (N$1 500); Leo Panelbeaters (N$1 000); hoofman Lukas Shilongo (N$1 500 en ’n faksmasjien); Ndapanda Tshitayi (N$1 500); Komrade Naftali (N$1 500); Martin Shilongo (N$1 500); Andreas Kleophas (N$1 000); Nicky Durban (N$1 000); Chris Shatona (N$1 000); Asser Nauk (N$1 000); en Shali en Shiwana Naukushu (N$500 elk).
Enigiemand wat graag die skool wil ondersteun, kan Naukushu by 081 127 6212 of 061 253 982 of die skoolhoof, mnr. John Kayemba, by 081 627 0193 kontak.

click to enlarge
Die skoolhoof van die Primêre Skool Lineekela Naukushu, mnr. John Kayemba, saam met mnr. Lineekela Naukushu en sy vrou.
©
click to enlarge
Dorothea Andreas (links) het gehelp met die mobilisering van skenkings.
©
click to enlarge
Van links is Helvi Naukushu, Shikongo Naukushu en Abraham Naukushu, Lineekela Naukushu se vader.
©
click to enlarge
Leerlinge van die Primêre Skool Lineekela Naukushu.
©
click to enlarge
Kulturele dansers wat by die verrigtinge opgetree het.
©
click to enlarge
Van links is Shitumbuleni Tangeni, Shikongo Naukushu en Tulonga Naukushu, wat tot die skool se ontwikkelingsfonds bygedra het.
©