Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
Gobabis Gim ontvang SABC-aanbieder
Anthonie Bougas (agter, tweede van regs), aanbieder van die program Tienerzone op SABC2, het besoek afgelê by Gobabis Gimnasium en opnames vir sy program gemaak wat in Februarie 2012 vertoon sal word.
Hy het met die leerlinge gesels, gesing en onderhoude gevoer. ’n Belangrike deel van Tienerzone is om jong talent te ontdek en in sy aanbieding Solis vir Christus het nege leerlinge van Gobabis Gimnasium deelgeneem.
Die deelnemers was Lize Visser (10 jaar), Beuli Opperman (12 jaar), Helene Small (12 jaar), Suné-Marie Blaauw (13 jaar), Lizemarie Robbertse (12 jaar), Sipo Imasiku (16 jaar), Bassie Matjila (16 jaar), Vendjihonga Katjaimo (18 jaar) en Shanay Bosch (18 jaar).
Wenners is in die junior en senior kategorieë aangewys en Lize Visser is junior wenner en Shanay Bosch senior wenner. Beuli Opperman en Sipo Imasiku het elk ’n tweede plek behaal in die kategorieë.
Hierdie leerlinge neem op 10 en 11 November in Johannesburg deel aan die landwye kompetisie van Solis vir Christus.
- 178 reads


