Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
Elnatan se netbal kraai koning
Posted on Thu, 25 Aug 2011
in Sport
Die Privaatskool Elnatan het goed presteer by die nasionale netbalkampioenskap vir hoërskole wat onlangs in Windhoek plaasgevind het.
|
click to enlarge
Die o.19 netbalspan het ’n silwermedalje verower en was op die dag die enigste span wat die uiteindelike kampioenspan Tsumeb Gimnasium kon klop. Van hul sewe wedstryde het Elnatan vyf gewen en tweede geëindig. Agter van links is Anna-Mart Adriaanse, Nina Louw (kaptein), Rochelle Kok, Louise-Marie Kotze en Rochelle Beyleveld. Voor is Joleen le Roux, mev. Petro van Wyk (afrigter) en Erné van Wyk.
©
|
click to enlarge
Die o.17-span het sewe wedstryde gespeel en vyf gewen, wat ook vir Elnatan die tweede plek en silwermedaljes beklink het. Agter van links is Chrizette Bindeman, Hulde-Marie van der Merwe, Hannecke van der Wath, Marlize de Klerk, Zunelle Vermaak; Alice Loftie-Eaton, Marisha Snyman en Julie van der Merwe. Voor is Yolandi le Roux, me. Erika van Schalkwyk en Elanie van der Merwe.
©
|
|
click to enlarge
Die o.15 netbalspan het ’n bronsmedalje gewen deur vyf van hul sewe wedstryde te wen en algeheel derde te eindig. Agter van links is Izaan van Schalkwyk, Geraldine van Tonder, Lizet Lombaard, Lindi Adriaanse, Suzanne Wahl, Michaela Garbers, Mareli Liebenberg en Lize Moolman. Voor is me. Carina Joubert (afrigter).
©
|
- 313 reads


