Eer vir Krieket Namibië

in Sport
Author: 
Namlish

KRIEKET Namibië is vandeesweek met drie toekennings by die 2010 Pepsi ICC Afrika Ontwikkelingstreekstoekennings vereer.

Namibië het die pryse vir die Beste Gees vir Krieket inisiatief, beste algehele krieketontwikkelingsprogram en beste algehele krieketbevordering en -bemarking ontvang. Namibië het ook verlede jaar met die Beste Gees vir Krieket inisiatief en beste algehele krieketontwikkelingsprogram weggestap.

Mnr. Isack Hamata van MTC het Krieket Namibië gelukgewens met sy toekennings en vir al hul harde werk vir die ontwikkeling en bevordering van krieket in die land.

Ander toekennings is as volg oorhandig:
Beste vrouekrieket inisiatief – Uganda
Beste junior deelname inisiatief – Mosambiek
Vrywilliger van die jaar – Ahmed Fazal Sheriff (Botswana)
Lewenslange dienstoekenning – William Kamanyi Luwagga (Uganda)
Foto van die jaar – Uganda

click to enlarge
©