Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
Duitsland help om Namibiese opvoeding te verbeter
DIE welsynsorganisasie Landesbausparkasse Baden Wurttenberg/Kinderhilfe vir Namibië het’n ooreenkoms met Primêre Skool Dr. Frans Aupa Indongo en die Projekskool Hage Geingob’n ooreenkoms gesluit waarin hulle hulself verbind om projekte en programme wat opvoeding bevorder, te finansier.
Die Landesbausparkasse Baden Wurttenberg organisasie borg reeds vanaf 2007 verskeie projekte wat tot die algehele ontwikkeling van die skool bydra. Sedertdien het die organisasie al soveel as N$1.5 miljoen bestee.
Mnr. Egon Kochanke, die ambassadeur van Duitsland in Namibië, het tydens sy toespraak gesê dat ’n dringende behoefte na onderwys in ’n land soos Namibië bestaan.
“Almal van ons is bewus van die belangrikheid van onderwys en Namibië beleef ’n dringende behoefte om die kwessie te verbeter en primêre opvoeding aan kinders in afgeleë gebiede te bied.”
Diegene wat die ooreenkoms teken is mnr. Paul Lewin, skoolhoof van die primêre skool dr. Frans Aupa Indongo en mnr. Tilmann Hesselbarth, besturende direkteur van Landesbausparkasse Baden Wurttenberg. Agter hulle staan Mnr. Egon Kochanke, die ambasadeur van Duitsland en me. Thea Seefeldt, adjunkdirekteur van onderwys in die Khomas-streek.
- 241 reads


