Register now and become a part of the movement!
Featured
Search
Dr. Lemmer vereer presteerders
Leerlinge van die Hoërskool Dr. Lemmer het weer gewys dat hulle hul sout werd is.
Tydens die jaarlikse merietetoekenningsplegtigheid is leerlinge vir hul harde werk beloon.
By die geleentheid het leerlinge pryse in die volgende kategorieë ontvang: beste presteerder per vak; top tien presteerders per graad; beste presteerder per graad; en algehele beste presteerder in die skool.
Spesiale pryse en toekennings is geborg deur sakemanne, individue en instansies uit die gemeenskap en die skool spreek sy dank en waardering hiervoor uit. Terselfdertyd bedank die skool die leerlinge, onderwysers, sekretaresses, ouers en skoolraadslede vir hul bystand en ondersteuning tydens die voorbereidings van die toekenningsgeleentheid.
|
click to enlarge
Dr. Lemmer se leerlingraad vir volgende jaar. Die hoof- en onderhoofmeisie is Marilize Klazen en Dale van Wyk terwyl Nigelle Beukes en Mornay Claasen onderskeidelik die hoof- en onderhoofseun is.
©
|
click to enlarge
Dr. Lemmer se Dux-leerling vir 2011 is Aimee Alexander.
©
|
|
click to enlarge
Die leerlinge wat per graad die beste presteer het, is Dwayne Alexander (gr. 8), Darren Diergaardt (gr. 9), Cailan Alexander (gr. 10), John Brandt (gr. 11), en Aimee Alexander (gr. 12).
©
|
click to enlarge
Deloitte se mees veelsydige leerling is Dianil Moniz.
©
|
|
click to enlarge
Die beste algehele graad 9-student is Darren Diergaardt. Hy het die Theo Sawyers-skild ontvang.
©
|
click to enlarge
Die SGA-toekenning vir ’n graad 12-leerling is deur mnr. E. Beukes aan Chantelle Bezuidenhoudt oorhandig.
©
|
- 320 reads


