Cosmos-pryse vir sport en kultuur

in School

Tydens die onlangse prysuitdeling van die Hoërskool Cosmos is sport- en kultuurtoekennings asook die graad 12 akademiese toekennings aan leerlinge oorhandig.

Die top vyf akademiese presteerders in graad 12 is Naomi Wivina (eerste), Shalom Tieties (tweede), Roger Tjikuniva (derde), Rusa Reinhord (vierde) en Uakamuina Kamunguma (vyfde). Hier is hulle saam met die skoolhoof, me. Retha Landsberg.

Die Prestige-toekenningwenners is Uakamuina Kamunguma (kultuur – debat), Naomi Wivina (dux-leerling), Marcel Smith (sportman van die jaar) en Kristofina Uahengo (leierskap – lid van die kinder parlement).

Die skool se sportpresteerders is Alina Shuuya (vroue-atleet van die jaar), Marcel Smith (mansatleet van die jaar) en Rinouzeu Iyambo (netbalspeler van die jaar), saam met mnr. Brian Pieterse, die departementshoof vir sport.

Volle erekleure is oorhandig aan Kristofina Uahengo (regs) vir leierskap. Van links is die gebaretaal vertalers, Sofia Shanyengange en Magdalena Katjinamunene, wat gehoorgestremde leerlinge na hul klasse vergesel. Kristophina is een van die skool se gehoorgestremde leerlinge. Sy dien op die leerlingraad en is ook ’n lid van die kinderparlement. Die skoolhoof, me. Retha Landsberg, is tweede van regs.

Mnr. Sam Kauapirura, ’n lid van die skoolraad, oorhandig N$500 namens die raad aan Cosmos se dux-leerling, Naomi Wivina.

Die skool se gehoorgestremde leerlinge ontvang hul pryse vir gebaretaal. Van links is Inocencia Agostinho (eerste), mnr. Paul Nanyeni (gebaretaal onderwyser) en Kristofina Uahengo (tweede).

click to enlarge
©
click to enlarge
©
click to enlarge
©
click to enlarge
©
click to enlarge
©