DIE dae van skoolkinders wat in tente les kry, sal binnekort iets van die verlede in die Khomasstreek wees, het die Minister van Onderwys, dr. Abraham Iyambo gister aangekondig.
Die aankondiging is tydens die amptelike oorhandiging van die Primêre Skool Rocky Crest se nuwe klaskamers gemaak.
Vier nuwe klaskamers is tot die skool bygevoeg en wat binne twee maande gebou reeds einde Januarie vanjaar voltooi was. Die klaskamers kan nou amptelik deur die skool gebruik word.